Elektriese kragnetwerk

'n Elektriese kragnetwerk is 'n tussenverbinding van elektriese komponente (bv. batterye, resistors, induktors, kapasitors en skakelaars) of 'n model van so 'n tussenverbinding wat bestaan uit elektriese elemente (bv. spanningsbronne, stroombronne, weerstande, induktansies en kapasitansies). 'n Elektriese kring is 'n kragnetwerk wat bestaan uit 'n geslote lus wat 'n terugleibaan vir die stroom verskaf. Lineêre elektriese kragnetwerke, 'n spesiale tipe wat net uit bronne (spanning of stroom), lineêr gekonsentreerde elemente (resistors, kapasitors en induktors), en lineêr verspreide elemente (transmissielyne) bestaan, beskik oor die eienskap dat seine lineêr superponeerbaar is. Hulle word dus makliker deur middel van kragtige metodes van frekwensiedomeine soos die Laplace-transform wat GS-, WS- en oorgangsresponsie bepaal, ontleed.

'n Weerstandskring is 'n kring wat net resistors en ideale stroom- en spanningsbronne bevat. Ontleding van weerstandskringe is minder ingewikkeld as die ontleding van kringe met kapasitors en induktors. Indien die bronne konstante (GS) bronne is, is die resultaat 'n GS-kring.

'n Kragnetwerk wat aktiewe elektroniese komponente bevat is bekend as 'n elektroniese kring. Sulke kragnetwerke is gewoonlik nie-lineêr en vereis meer komplekse ontwerp- en ontledingshulpmiddels.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy